Tannie San Se Suikerbekkies
Speelgroep

school-children-png-4
Algemene inligting tot Suikerbekkies:

Is jy opsoek na 'n speelgroepie vir jou kindjie?

Tannie San se Suikerbekkies is die plek vir jou kindjie.

Jy kan besluit op hoeveel dae per week (half/voldag).

Wees gerus dat jy jou kindjie in 'n veilige omgewing en in liefdevolle hande los.

image3
image2
Susan Velloen

Ek is al byna 30 jaar in die dagsorgbedryf en was die hoof voorsitter van die dagmoedersvereniging in Carletonville. Dis nou omtrent 'n jaar wat ek nou in Potchefstroom is en wil graag weer 'n speelgroep begin. Vir diegene wat belangstel in 'n dagmoeder, is ook welkom om hulle kindjie te bring.

Ek het 'n groot liefde vir kinders en mis hulle om my soos wat ek in Carletonville gehad het. Dus, het ek besluit om 'n speelgroep te begin. Elke mamma of pappa soek na 'n dagsorg of kinderoppasser op wie hulle kan staatmaak en die lewe van hul kindjie in betroubare hande kan los. Ek wil nie weer 'n kleuterskool begin nie, net 'n speelgroepie met 'n paar kindertjies aan wie ek individuele aandag kan gee.

Ek het klaar 'n pragtige seuntjie waarna ek voldag omsien. Hy sal ook 'n maatjie geniet en ek weet dat die maatjie hom sal geniet.

Kontak my gerus vir enige navrae by 081 580 6688.

PRYSE & INLIGTING

SPEELGROEP
Speelgroep vind plaas drie keer per week van 08:00 - 12:00. Prys per dag is R80,00.
Maandag
Woensdag
Donderdag
Dit sluit etes/drinkgoed in.

DAGSORG VOLDAG
Dagsorg vir kinders vir voldag beloop R1,400. Dit sluit etes/drinkgoed in vanaf Maandag tot Vrydag.

DAGSORG HALFDAG
Dagsorg vir kinders halfdag beloop R1,200.Dit sluit etes/dringoed in vanaf Maandag tot Vrydag.

VAKANSIE KINDERS
Kinders wat ons in die vakansie bywoon beloop R80 per dag. Dit sluit etes/drinkgoed in.
image3
image2
Bel, SMS of WhatsApp op:
Susan Velloen
081 580 6688

Besoek ons Facebook-blad op:
https://www.facebook.com/SuikerbekkiesSpeelgroep/
tannie san se suikerbekkies speelgroepie
image3
image2
Copyright 2014 - WP Profit Builder - All Rights Reserved
Webtuiste ontwerp deur Melissa Kent van Pro Web Design Potchefstroom